Local newsNews

Stoffies ryg toekennings in by Allegretto Toneelfees halfeind

Die toneel “Die Eksotiese Epiloog van Eddie” is opgevoer by die tweede halfeindstryd van die Allegretto Toneelfees.

Hoërskool Stoffberg en SS Studios se toneel, Die Eksotiese Epiloog van Eddie, het vir die skool ‘n lang lys toekennings en nominasies verseker by die Allegretto Toneelfees se tweede halfeindstryd.

Die halfeind het 1 en 2 Augustus by die Springs Stadsteater plaasgevind. Die Stoffies het nie net as wenners weggestap nie, hulle het nege ander toekennings en ‘n verdere sewe nominasies ontvang.

Die toekennings is vir beste choreografie, beste beligtingsoperateur, beste grimmering, beste beligtingsontwerp, beste manlike byrol, beste manlike hoofrol, beste vrouike hoofrol, beste ensemble en beste drama.

Die nominasies is vir beste klankoperateur, beste tegniese aspekte, beste dekor, beste klank samestelling, beste manlike byrol, beste vroulike byrol en beste regisseure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button