Local newsNews

Mother’s Nest se jong inwoners het somersklere nodig

Die somer is amper hier en 19 kinders van Mother’s Nest wag op jou hulp. Skep vreugde met jou donasie van somersklere.

Die somer is om die draai en daarmee saam kom ’n versoek van Mother’s Nest vir somersklere vir die kinderhuis se 19 kinders.

Mother’s Nest in Brenthurst is ’n veilige hawe vir kinders. Die jong inwoners wat tans daar gehuisves word, is tussen vier en 18 jaar oud.

“Ons het tans ’n groot behoefte aan somersklere vir ons kinders, en ons sal enige donasies of skenkings van die publiek baie hoog op prys stel,” het Bonita Roast van Mother’s Nest gesê.

Skenkings kan afgelaai word by die huis in Pienaarsstraat 19, Brenthurst, of kontak Roast by 011 817 2668 of 078 541 7054 om reëlings te tref.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button