Local newsNews

Familie groet jong kind ná stryd met nierversaking

Die familie wil die begrafnis en roudiens intiem en persoonlik hou.

Die 13-jarige Owen Haywood, ‘n leerder aan Felicitas Skool en inwoner van Springs, is Vrydag in die arms van sy suster Nicolene (27) oorlede nadat sy enigste nier finaal verswak het.

Owen, wat onlangs met nierversaking én ander uitdagings gekonfronteer is, sal deur sy familie en vriende onthou word as ‘n seun vol liefde, humor en lewenslus, ten spyte van sy stryd.

Die Herald het in die uitgawe van 29 Augustus berig oor die jong seun se gesondheidsprobleme en die feit dat sy enkele nier in versaking is. (Owen benodig spesiale toerusting en kos terwyl hy wag vir nier). Volgens sy ma, Johanna (48), het hy pyn gehad.

“Hy was effens by, maar nie heeltemal nie, maar hy was nie rustig nie. Ek dink hy het seer gehad, dis net logies. Ons probeer maar `cope’ en ons vat dit dag vir dag in ‘baby steps’,” het sy gesê.

Met Owen se afsterwe was sy stiefpa, Hendrik van der Westhuizen (56) ook teenwoordig. Dit was vir hom baie moeilik om Owen te groet.

“Hy het ‘n manier gehad om in almal se harte in te kruip,” het hy gesê.

Owen was vriendelik en vriende met almal wat hy ontmoet het. Johanna vertel sy glo dat almal wat vir Owen geken het, het van hom gehou het. Hoewel hy maklik vriende kon maak met enigiemand was sy beste vriende sy familie.

“Met ander kinders sou hy ‘n rukkie gespeel het, maar met sy familie was dit anders, ons was sy beste vriende. Hy was opgewonde om met sy sakgeld vir homself lekkers te koop en om huis toe te kom na mamma toe,” het Johanna vertel.

Sy onthou ook met deernis toe hy eendag die helfte van die seeppoeier uit ‘n emmer in die bad gegooi het, om homself te was.

Johanna was briesend in die oomblik, maar nou is dié gebeurtenis vir haar kosbaar en een wat sy sal koester.

Owen se lewe was nie sonder komplikasies nie, en hy is onlangs gediagnoseer met outisme spektrumversteuring en dislexia.

Dit was vir die gesin moeilike nuus om te ontvang, en as Johanna dinge anders kon doen, sou sy van die begin af al die toetse en ondersoeke gedoen het om vroeër te weet van alles.


LEES OOK: Village of Hope brings joy to children at Mgongo informal settlement


“My raad aan ander is om dinge vroegtydig te identifiseer, en om jou reg te maak vir die ergste, en vrede te maak as dit gebeur.”

Johanna vertel sy gaan baie na Owen verlang. “Hy het gesê ek mag nie huil nie terwyl hy siek was, want dit maak sy hartjie seer. In die hospitaal het almal geweet dis my kind want hy het net vir my gesoek.”

Owen se pa, Nico (53), het ook sy begrafnis wat vandag (Vrydag) plaasvind, bygewoon. ‘n Inskrywing op Felicitas Skool se Facebookblad lees soos volg:

Dit is met die swaarste hart dat ons totsiens sê aan ons liewe Owen. Alhoewel sy tyd saam met ons kort was, het hy ons lewens met meer vreugde en lig gevul as wat ons ooit kon dink.

Ons sal vir ewig sy aansteeklike lag, ondeunde glimlag en nuuskierigheid koester. Hy het ons soveel geleer oor die vind van geluk in die klein dingetjies en die benader van die wêreld met verwondering.

Ons harte is verpletter, maar sy nagedagtenis sal helder in ons lewens bly skyn. RIV Owen.


LEES OOK: Ekurhuleni warns about fines, disconnections for tampering with electricity meters

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button