Local newsNews

Brakpan VLU lede pronk in blommehoede vir lente

Die lede het by hul maandelikse byeenkoms geleer hoe om vars blomme op kaartjies te druk.

Die VLU Brakpan-tak het Dinsdag bymekaargekom by die Just Wheels Klubhuis vir die lente-uitgawe van hul maandelikse byeenkoms.

Die lede het hoede gedra wat met blomme versier was. Die maandelikse demonstrasie het het gegaan oor die gebruik van vars blomme, wat met ’n hamer gekap word om die blomafdruk op karton vas te lê.

Die lede is ook ingelig oor die program vir die res van die jaar, wat op 28 September afskop met die maandelikse pannekoekverkope by die Just Wheels Klub opedag.

Daarna, op 22 Oktober, volg ‘n inligtingsoggend, waar die kriteria vir die kuns- en kunsvlytwerke wat lede vir beoordeling indien, bespreek sal word.


LEES OOK: Familie groet jong kind ná stryd met nierversaking


Op 24 Oktober is die streek se kuier- en kletsoggend in Pretoria, waar lede van regoor die Goudrifstreek bymekaarkom om gesellig saam te verkeer.

Op 31 Oktober vind ‘n kleiduifskietgeleentheid plaas in Pretoria, waarvoor die Brakpan-tak boepensbroodjies sal maak. Op 5 November vind die Overvaal-inligtingsoggend in Krugersdorp plaas.

Die liefdadigheidsprojek vir volgende jaar is ook bekendgemaak. Dit behels die insameling van handskoene, serpe, musse en komberse vir gestremdes.

Brakpan VLU het Muriel Brand Skool as die begunstigde gekies. Aan die einde van die vergadering is die lid met die mooiste hoed, Ina Troskie, bederf met ‘n geskenk.


LEES OOK: Dorp se eiedomsagtende span saam om bejaardes te help, so kan jy ook help


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button