Local newsNews

Dorp se eiedomsagtende span saam om bejaardes te help, so kan jy ook help

Meer skenkings van kos en toiletware word bendig om verligting te bring vir die bejaarde inwoners.

Vir sommige van die meestal bejaarde inwoners van die Tweedy Park-kompleks is dit ’n groot uitdaging om daagliks kop bo water te hou.

Met die stygende lewenskoste en slegs basiese Sassa-pensioene, waarvan die meeste afhanklik is, is daar groot nood onder baie van dié bejaardes. waarvan die meeste afhanklik is, bestaan daar groot nood by baie van dié bejaardes.

Dit het bekend geword dat ten minste 40 inwoners met bitter min kos en toiletware oor die weg moet kom. Nadat dít aan die lig gekom het, het verskeie eiendomsagente in die dorp besluit om die bul by die horings te pak.

“Ons het reeds uitgereik na verskeie besighede wat dadelik bydraes gemaak het in die vorm van kos,” het Mariaan Wiid van Only Realty gesê.

“Die skenkings wat ons ontvang het reeds versprei onder die inwoners. Ons kon eenvoudig nie langer wag nie, want sommige van die bejaardes oorleef met bitter min in hul huise en woonstelle,” het sy bygevoeg.


LEES OOK: Just Wheels opedag plaas kollig op bakkies 


“Ons bedank dié wat reeds ’n bydrae gemaak het, maar daag ook ander besighede en eiendomsagentskappe uit om skenkings te maak. Ons gaan op 12 September bymekaarkom om vir die bejaardes pap, sous en wors te bedien,” het Wiid gesê.

’n Skenking van pap, sous en 50 porsies wors is reeds ontvang, maar daar word nog wors benodig.

“Ons beoog ook om tydens dié geleentheid hopelik meer skenkings van kos en en toiletware uit te te deel,” het Wiid bygevoeg.

Sy het die hoop uitgespreek dat die publiek en besighede hul harte sal oopmaak en ruim sal skenk.

Die publiek kan skenkings by die volgende plekke besorg:

• Only Realty, Van Der Waltweg 61, Dalview

• Blue Lily, Devonlaan 97, Dalview

• Chas Everitt, Hendrik Potgieterlaan 15, Dalview

• Remax, Hendrik Potgieterlaan 25, Dalview

• Trollipstraat 47, Brenthurst.



LEES OOK: Village of Hope brings joy to children at Mgongo informal settlement

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button