Local newsNews

Tweedy Park inwoners bederf met kos en geselligheid te midde van nood

Bejaarde inwoners van die Tweedy Park Ouetehuis het braaivleis, lekkernye en vermaak geniet danksy die samewerking van eiendomsagente, besighede en individue wat die nood onder inwoners raakgesien het.

’n Ontspanne atmosfeer het Vrydagmiddag by die Tweedy Park Kompleks geheers toe ’n groot aantal van die bejaarde inwoners onder die vlerk geneem is deur ’n groep mense wat die nood raak gesien het.

Die Herald het in die uitgawe van 5 September berig oor die nood wat onder sommige van die inwoners bestaan, en ook oor die plan van aksie wat deur eiendomsagente van die dorp beraam is.

Wat aanvanklik net ’n insameling van broodnodige kositems en toiletware was, het uitgebrei na ’n middag waar ’n groot groep inwoners getrakteer is op braaivleis, lekkernye en vermaak.

Talle besighede en individue het die inisiatief ondersteun, met die algemene gevoel dat niemand die erkenning vir die bederf wou opeis nie.

“Dit gaan nie oor bemarking nie, dit gaan daaroor om die regte ding te doen,” het Mariaan Wiid, een van die organiseerders, gesê.


Een van die braaiers vir die dag was Riaan Agrella. PHOTO: Charma du Plessis.

Tweedy Park is ’n munisipale ouetehuis, en die oorgrote meerderheid van die inwoners verdien slegs ’n Sassa-pensioen, wat reeds vir ’n lang tyd nie meer genoeg is om alle lewenskostes te dek nie.

Ten minste 40 inwoners moet met baie min kruideniersware oor die weg kom, en tydens die braai is gesprekke gehoor tussen eiendomsagente en betrokkenes wat gereeld by Tweedy Park help, oor die inwoners se langtermyn-nood.

Die dag was ’n groot bederf, met verskeie slaaie, vingerhappies, koeldranke en braaivleis, sowel as vermaak deur ’n oupa-en-kleindogter-musikantpaar, Kenny en Chimmy.

Kenny Grieve, die musikant, het ook vir inwoner Kobus Coetzer “Happy Birthday” gesing. Die dag is met groot vrolikheid en genot gevier, en die glimlagte op die gesigte van die organiseerders en die bejaardes was ’n bewys van die sukses daarvan.


LEES OOK: Learn about San Michele as they turn 80

LEES OOK: Nurse raises alarm on hepatitis’ hidden link to kidney disease


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button