Local newsLocal sportNews

Brakpan spanne blink uit by Sasol Sewes-toernooi

Die finale was ’n kragtige Panne (Groen) vs Panne (Wit) kragmeting, waarin Brakpan Groen met 35–10 gewen het.

Die Sasol Sewes-toernooi het die naweek ’n opwindende vertoning van talent en vasberadenheid gebring, met Brakpan se Groen- en Wit-spanne (die Boxers) wat hul vaardighede ten volle ten toon gestel het.

Die spanne het in so ‘n mate uitgeblink op die veld dat die eindstryd tussen die twee Brakpan-spanne moes plaasvind.

Die eindstryd het ontwikkel tot ’n intensiewe kragmeting tussen twee oorgehaalde spanne, maar dit was uiteindelik Brakpan Groen wat met 35-10 teen Brakpan Wit gewen het.

“Hierdie spanne van ons het Brakpan se sportgees met trots en toewyding verteenwoordig,” het die voorsitter van die Brakpan Rugbyklub Frikkie Bosman gesê.

Die rugbyklub is ook besig met voorbereidings vir die klub se Panne Sewes Fest wat op 22 November by die Bosman Stadion aangebied word.

Rugbyliefhebbers kan uitsien na ‘n skouspelagtige dag van rugby. Benewens verskeie rugbywestryde wat gespeel gaan word, sal daar vermaak asook genoeg kos en drinkgoed wees vir die besoekers om ‘n aangename dag te beleef.

Spanne kan steeds inskryf vir die toernooi, en persone of besighede wat belangstel om as borge betrokke te raak, is ook welkom. Kontak Charlise de Bruyn by 061 351 4335 vir navrae en inskrywings.


ALSO READ: Roberts twins win fun run at Tommy Malone Memorial Race

ALSO READ: Brakpan-stoeiers wys hul staal by nasionale kampioenskappe


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button