Local newsNews

Prysuitdeling van Brakpan Kunswedstryd eer top kuns en kultuur

Die Brakpan Kunswedstryd het hul prysuitdeling by Hoërskool die Anker gehou.

Die Brakpan Kunswedstryd het op 15 Oktober sy prysuitdeling by Hoërskool Die Anker aangebied om die uitmuntende prestasies van deelnemers in die verskillende items te vier en te vereer.

Balmoral College, wat vir die eerste keer hierdie jaar aan die kunswedstryd deelgeneem het, het die aanwesiges van die geleentheid met ‘n a cappella-koorvertoning vermaak.

Die sillabus vir 2026, met nog meer afdelings en tale waaraan leerders kan deelneem, sal gedurende Desember op die kunswedstryd se webtuiste en sosiale media bekendgestel word.

Die Facebookblad se naam is Brakpan Kunswedstryd, en die webtuiste is www.brakpankunswedstryd.co.za

Uitsonderlike prestasies

Die leerders uit verskeie skole wat vereer is vir hul uitsonderlike prestasies in die kunswedstryd is:
• Tenieke Hurter het die hoogste punt in kleuterdrama Afrikaans behaal.

• Adriati Ten Napel, die kunswedstryd se jongste deelnemer, het die hoogste punt in die kleuterkunsafdeling.

• Nové Lourens het die hoogste punt in grade R tot drie Afrikaans-drama.

• Christiaan Hurter het die hoogste punt in die grade R tot drie-kunsafdeling.

• Brie Thompson en Nové Lourens deel die veelsydigste grondslagfaseprys.

• Lillian Byles het die hoogste punt in die grade vier tot sewe Afrikaans- drama.

• Zane van Reede van Oudtshoorn het die hoogste punt in grade vier tot sewe Engels-drama.

• Shane Steyn het die hoogste punt in grade vier tot sewe-kuns.

• Julie Jacobs en Lillian Byles deel die veelsydigste grade vier tot sewe-prys.

• Mia Pitzer en Duan Conradie deel die hoogste punt vir hoërskool Afrikaanse drama.

• Mia Pitzer het die hoogste punt in hoërskool Engelse drama.

• Enrico en Nian de Nysschen deel die hoogste punt in hoërskool kuns.

• Mia Pitzer het die veelsydigste hoërskoolleerderprys ontvang.

• Johan Swanepoel het die hoogste punt in hoërskoolsang ontvang.

• Lillian Byles en die Laerskool Brakpan-Oos Sanggroep deel die hoogste punt vir grade vier tot sewe sang.

• Die Laerskool Brakpan-Oos Sanggroep het die hoogste punt in grade R tot drie-sang behaal.

• Mila van Staden het die algehele instrumentale punt behaal.

• Tiana Wilds het die hoogste punt in grade R tot drie dans.

• Skye Baury en Mallane Mofokeng deel die hoogste punt in grade vier tot sewe-dans.

• Kaylee de Bruyn het die hoogste punt in hoërskooldans.

• Hoërskool Die Anker het die hoogste punt in cheerleading.

• Balmoral College het die beste toneelgroep prys ontvang, sowel as die beste koor in die grade R tot drie, grade vier tot sewe en hoërskoolafdelings.

• Julie Jacobs het die hoogste punt in die multimedia-afdeling gekry.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button