Local newsNews
Felicitas swemmer neem deel aan SA Kampioenskappe
Die talentvolle swemmer het onlangs in Pietermaritzburg deelgeneem aan SA Kampioenskappe.
Damon Elbourne (18), ‘n leerder van Felicitas Skool, het onlangs aan die Bombela Concession Company SA National (25M) Championship deelgeneem, waar hy een goud, twee silwer en twee brons medaljes in die II S14 kategorie losgeswem het.
Die kampioenskappe het in Pietermaritzburg plaasgevind by die GC Jolliffe Swembad. Damon het met al sy items sy persoonlike beste tyd geswem.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



