Local newsNews

VLU Streekvergadering vol opvoerings en nuwe idees

Die streeksvergadering het nie net bestuursaangeleenthede ingesluit nie, maar ook opvoerings en kreatiewe idees vir die komende jaar.

Die Vroue Landbou-unie se Springs-tak (Carpe Diem) het op 26 November as gasheer opgetree vir al ses takke in die Goudrifstreek, waar hulle ook die streeksvergadering aangebied het.

Die takke wat deel vorm van die streek, is Carpe Diem (Springs), Brakpan, Jasmyn (Benoni), Le Fleur (Alberton), Kempton Park en Nigel.

Elke tak het ’n opvoering aangebied om die gehoor te vermaak, met besonders uitsonderlike bydraes van Le Fleur, Brakpan, Nigel en Carpe Diem.

Tydens die vergadering het Ronel du Plessis, die streeksvoorsitter, met die lede gepraat oor die jaar wat voorlê.


Carpe Diem se Wilma Troskie dra ‘n CJ Langenhoven stuk voor. PHOTO: Delores van Rooyen

In die nuwe jaar beplan die streek moontlik klasse vir die takke aan te bied, maar daar is genoem dat die takke die koste sal moet dra.

Inligting is ook gedeel oor ’n fonds wat gestig is vir vroue wat die kongres wil bywoon, maar dit nie kan bekostig nie. Hierdie fondse kom uit die wins van die vorige kongres.

Die administratiewe afkondigings is ook afgehandel, en die volgende streeksvergadering vind op 30 Januarie in Kempton Park plaas.

Nog ’n idee vir die nuwe jaar is om moontlik ’n teetuin met uitstallings van produkte en die lede se handewerk vir die publiek te hou.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button