Local newsLocal sportNews
Jong atleet Brakpan atleet woeker op die baan by SA’s
Die plaaslike langafstand-atleet het goed gevaar by die nasionale kampioenskappe in Potchefstroom.
Megan-Ann Roberts het op 6 Desember aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in die dogters o13 1 500m-afdeling deelgeneem.
Die kampioenskappe het in Potchefstroom plaasgevind.
In haar eerste ronde het sy ‘n eerste plek in haar groep behaal en tweede algeheel in die land met ‘n tyd van 4:58 minute geeïndig.
In haar tweede ronde het sy vyfde gekom in haar groep, sowel as vyfde algeheel in die land. ‘n Kramp wat sy teen die einde van die wedloop gekry het, het teen haar getel.
Sy het die tweede ronde voltooi in ‘n tyd van 5:02 minute.
“Ek is maar net baie dankbaar. Alle eer aan die Here vir sy Genade,” sê Martin Roberts, Megan-Ann se pa.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



