Local newsMunicipalNews

Alle begraafplase in Ekurhuleni geniet aandag sedert Desember, sê stad

Die Brakpan begraafplaas staar omstandighede soos min mannekrag en toerusting wat onklaar raak in die gesig.

Die Brakpan Herald het onlangs ‘n berig geplaas oor die kommerwekkende toestand van die Brakpan Begraafplaas (Grafte verlore in lang gras).

Terselfdertyd is daar ook sekere vrae aan die Stad van Ekhurhuleni gerig. Antwoorde op die vrae is ontvang.

• Watter onmiddellike stappe sal geneem word om die Brakpan Begraafplaas veilig en toeganklik vir die publiek te maak?

Die Parke- en Begraafplaas-afdeling het aangeleenthede rakende sekuriteitsuitdagings by die EMPD, wat verantwoordelik is vir wetstoepassing in die stad, aangemeld. Gereelde opvolgaksies word in hierdie verband gedoen.
• Wanneer sal grassny, skoonmaak en algemene instandhouding begin?

Grassny by verskeie begraafplase het in Desember 2025 hervat en sal vanaf Januarie 2026 voortgaan totdat alle begraafplase aandag geniet het.

Die plan wat in plek gestel is, behels die benutting van interne hulpbronne, met aanvulling deur eksterne hulpbronne, en sluit onder meer grassny en rommeloptel in.

• Is daar ’n noodskoonmaakplan in plek, en indien wel, wat behels dit?

Die plan behels die benutting van interne hulpbronne, met aanvulling deur eksterne hulpbronne, en sluit onder meer grassny en rommeloptel in.

• Is daar voldoende personeel en toerusting toegewys om die begraafplaas behoorlik te onderhou?

Die beskikbaarheid van voldoende hulpbronne bly ’n uitdaging weens ’n groot aantal personeellede wat aftree, die beëindiging van diensverhoudinge om verskeie redes, asook die onklaar raak van toerusting tydens gebruik.

Ten spyte van die bogenoemde, streef die stad daarna om kritieke vakatures te vul en maatreëls in plek te stel om die vinnige herstel van nie-funksionele toerusting te verseker as ingryping om die genoemde uitdaging aan te spreek.

• Watter maatreëls sal geïmplementeer word om veiligheidskwessies en onwettige besetting by die begraafplaas aan te spreek?

Die EMPD is vir wetstoepassing in die stad verantwoordelik. Die kwessie van onwettige besetting by begraafplase sal onder die aandag van die EMPD gebring word, en die departement sal bystand vra om sigbaarheid van wetstoepassing in en rondom begraafplase te verseker.

Die Parke- en Begraafplaas-afdeling sal voortgaan om opvolgwerk te doen oor veiligheidsverwante sake wat reeds by die EMPD aangemeld is.

• Hoe sal onwettige storting en vandalisme in die toekoms voorkom word?

Vandalisme van fasiliteite is een van die grootste uitdagings waarmee die departement gekonfronteer word en vereis, onder andere, ’n gesamentlike poging met die gemeenskap.

Die stad versoek dat sodanige voorvalle by wetstoepassing aangemeld word sodra die gemeenskap dit waarneem. Weens finansiële beperkings word geen sekuriteitswagte by die stad se onaktiewe begraafplase aangestel nie.

• Wat word gedoen om waterlekke binne die begraafplaas reg te stel?

Die departement is bewus van die probleem. Dit is by die relevante departement aangemeld wat verantwoordelik is vir die instandhouding van raadsfasiliteite. Gereelde opvolgaksies word met die betrokke departement gedoen.

• Wie kan die publiek kontak om probleme aan te meld, en wat is die verwagte reaksietyd?

Met betrekking tot begraafplase in die oostelike deel van die stad kan navrae gerig word aan Fezile.Mfuza@ekurhuleni.gov.za. Die reaksietyd is afhanklik van die kompleksiteit van die aangemelde saak, asook interdepartementele afhanklikhede gebaseer op spesialiteit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button