KYK: Laerskool Dalview hou inklokseremonie
Dalview se Graad Een leerders het Vrydag hul inklokseremonie beleef, selfs ná ’n dramatiese oomblik toe die klok geval het, gelukkig sonder beserings.
Laerskool Dalview het Vrydag, 30 Januarie, hul nuwe Graad Een-leerders amptelik welkom geheet tydens die jaarlikse inklokseremonie.
Die seremonie is ’n amptelike verwelkoming van die nuwe leerders, en as deel daarvan lui hulle ’n klok een keer om hul belofte te simboliseer om die skool se naam hoog te hou.
Na die klokgelui ontvang elke Dalwertjie ’n sertifikaat met hul belofte en vingerafdruk, sowel as ’n medalje.
@brakpan_herald Laerskool Dalview se jaarlikse inklokseremonie het vir vele vermaak gesorg toe die klok geval het, gelukkig met geen beserings, tydens hul inklokseremonie vir die Graad Een leerders. #brakpan #skool #dalview
Aan die einde van hul loopbaan by die skool lui hulle die klok weer, hierdie keer twee keer, om die skool vaarwel te sê en hul belofte te herhaal dat hulle altyd hul wortels as Dalwers sal onthou.
Die jaar het egter ’n onverwagse gebeurtenis gebring toe die klok se montering ingegee het en die klok geval het.
Gelukkig is niemand beseer nie en die seremonie kon voortgaan, danksy ’n beheerliggaamslid wat die klok in die lug gehou het sodat die laaste twee klasse dit steeds kon lui.









