Brakpan Rugbyklub behaal dubbele oorwinning in Sibanye-Stillwater Super Liga opening
Die Brakpan Rugbyklub het hul veldtog in die Sibanye-Stillwater Super Liga op ’n hoë noot begin met oortuigende oorwinnings oor die Northam Wolves.
Die Brakpan Rugbyklub het sy aanspraak op vroeë oorheersing in die Sibanye-Stillwater Super Liga gemaak toe beide die eerste en tweede spanne Saterdag oortuigende oorwinnings in die openingsronde behaal het.
Brakpan het teen die Northam Wolves op die Bosman Stadion uitgedraf.
Die eerste span het van meet af met goeie spel die oorhand gehad en teen halftyd met 17-7 voorgeloop.
Ná die ruskans het die span sy momentum behou en die wedstryd met 37-21 in sy guns beklink. Die span se drieë is deur Ruben Beytell, Jackie Jonkers, Tjaart Scheepers en Minnie Siwela (2) aangeteken.

Tjaart Scheepers het ook met drie doelskoppe suksesvol uitgevoer en twee strafskoppe deur die pale gejaag.
Die regtervleuel, Jackie Jonkers, is as die speler van die wedstryd aangewys. Die tweedespan het die Northam Wolves 69-7 gewen.
Die spanne hoop om voort te bou op hul goeie momentum wanneer hulle Saterdag teen Nelspruit Rugbyklub te staan kom in die tweede ronde van die Sibanye-Stillwater Super Liga.
Die wedstryde vind tuis op die Bosman Stadion plaas en ondersteuners en die publiek word uitgenooi om ’n dag van aanskoulike rugby te kom geniet.
LEES OOK: SASSA Saves R44m a month through social grant reviews
LEES OOK: Empty bowls at Brakpan SPCA as tinned food supplies run critically low



