OPVOLG: Tweedy Park weeluise: insekdoder geborg, mannekrag benodig
Die woonstelblok gaan behandel word vir die plaag, maar ondersteuning is steeds nodig.
Die woonstelblok by die Tweedy Park-kompleks gaan steeds gebuk onder ’n ernstige weeluisplaag wat inwoners al vir byna ’n jaar lank teister.
Ten spyte van vorige pogings duur die probleem voort en dringende ingryping is nodig. ‘n Maatskappy het aangebied om die insekdoder nodig vir die behandeling te borg, maar mannekrag om die agt vloere van woonstelle te besproei word benodig.
“Ons is ongelooflik dankbaar dat The Specialists pesbeheer van die Oos Rand ‘n afspraak bevestig het vir 10 Maart om 8:00 om Tweedy Park professioneel te besproei,” sê VF+ rdl Riaan van Zyl.
“Die professionele maatskappy ondersteun ons gratis. Dit is werklik iets besonder en ons is oneindig dankbaar.
LEES OOK: Skenk gif, sproeiers vir Tweedy Park weeluis behandeling, 20 Februarie
“Nou het ons net die gemeenskap se hulp nodig, want inwoners, veral die bejaardes, moet vir ‘n minimum van drie ure uit hul woonstelle bly,” sê hy.
“Ons het dringend vrywilligers nodig, asook stoele vir die bejaardes, koeldranke, water, eetgoed, en enige ander hulp wat gebied kan word.
“Kom ons staan saam vir Tweedy Park se inwoners. Dit is hoe gemeenskap lyk,” sluit hy mee af.
Diegene wat ondersteuning wil bied kan vir Riaan kontak op 081 060 5329 of vir Francoitte van Heerden op 066 101 7651.
LEES OOK: Waterlek veroorsaak erge ongerief, skade vir egpaar



