Local newsNews

Mej Stoffie wil ‘n verskil maak en voeg daad by die woord

Zané glo dat ’n mens nie gemeet word aan wat jy het nie, maar aan wat jy kan bied.

Met die aanbreek van 2026 het Zané Barnard, ’n trotse Graad 11-leerder van die Hoërskool Stofberg, die jaar op ’n besondere manier afgeskop.

Zané is verlede jaar gekroon as Mej Stofberg en het besluit om die titel te gebruik om ’n verskil te maak waar sy ook al kan.

Om haar standpunt mee af te skop, het sy huishoudelike items, kampgereedskap, klere en speelgoed bymekaar gemaak en dit onlangs aan die Brakpan DBV geskenk.

“My doel hiermee was dat die items weer verkoop sal word om fondse in te samel vir die versorging en beskerming van diere in nood,” het Zané vertel.

“Ek geniet dit om liefdadigheidswerk te doen, en dit is vir my baie belangrik om my skool se naam hoog te hou,” het sy bygevoeg.

Sy glo vas dat ’n mens nie gemeet word aan wat jy het nie, maar aan wat jy kan bied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button