Felicitas Skool swemmer mik vir SA kampioenskappe
Die swemmer verteenwoordig Felicitasskool by SA's later die maand.
Damon Elbourne (18), ’n leerder van Felicitas Skool en inwoner van Springs, maak groot golwe in die swembad.
Hy het onlangs, oor ’n tydperk van ses dae, aan die South African Sports Association for the Intellectually Impaired (SASA-II) nasionale kampioenskappe in Mbombela, Mpumalanga, deelgeneem.
Hier het hy ’n skitterende 24 medaljes asook twee trofees ingepalm. Die trofees is toegeken vir “best intellectually impaired male’ en ‘top swimmer’.
Bonop gaan Damon ook, vanaf 13 tot 18 April, aan die Bombela Concession Company SA Nasionale Swemkampioenskappe in Newton Park, Gqeberha, deelneem.
Om in die Gauteng Schools’ Aquatics-span te kom, het hy Felicitas Skool verteenwoordig, en hy is gekies om Gauteng te verteenwoordig by die SA Schools Swemkampioenskappe van 24 tot 27 April aan die Universiteit van die Wes-Kaap, in Kaapstad.
ALSO CHECK: Entrepreneurs highlight benefits of exhibiting at Connection Hub Small Business Expo



