Local newsNews

Just Wheels opedag trek groot skare met indrukwekkende Jeep-uitstalling

Twee Jeeps het spesiale erkenning ontvang, terwyl die dag ook ’n fondsinsamelingsgeleentheid vir die Brakpan DBV was.

Die Just Wheels Motorklub se maandelikse opedag, wat Sondag by die klubhuis plaasgevind het, het beslis nie teleurgestel nie.

Besoekers kon ’n indrukwekkende Jeep-uitstalling beleef en terselfdertyd ook ander voertuie en motorfietse besigtig.

Gedurende die uitstalling is twee trofeë oorhandig aan die eienaars van die Jeeps wat die kollig gesteel het.

Jeep-eienaars Manya Mupaliwa van Glendower en Dominik Cholewka van Krugersdorp het elk ’n trofee van die voorsitter van die Just Wheels Motorklub, Daron Venter, ontvang.

Soos die gewoonte is, het die groot verskeidenheid stalletjies, vermaak en lekker kos gesorg vir ’n perfekte, ontspanne dag.

Toegang tot die Just Wheels-opedag, wat op die laaste Sondag van elke maand plaasvind, is gratis, en besoekers word aangemoedig om donasies van honde- of katkos saam te bring om die Brakpan DBV te ondersteun.

Die volgende opedag vind op 31 Mei by die klubhuis in Kitzingerlaan 169 plaas.


Jeeps was die tema van Sondag se opedag, en besoekers is getrakteer op ’n verskeidenheid Jeeps van alle vorms, groottes, fabrikate en modelle. Foto: Thelma Koorts
Manya Mupaliwa van Glendower sit bo op sy rooi Jeep, wat aan hom een van die twee toekennings, wat op die dag gemaak is, besorg het. Foto: Thelma Koorts
Besoekers kon na hartelus na die groot versameling Jeeps, wat uitgestal is kyk. Foto: Thelma Koorts
Een van die jonger besoekers aan die opedag, Carter Saldina (6) van Midrand het sy eie kleiner weergawe van 'n Jeep saamgebring na die opedag. Foto: Thelma Koorts

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button