Familie mark gehou ten bate van bejaardes en diere
Die mark het verskeie stalletjies gehad, sangers wat opgetree het, en het fondse en kos ingesamel vir bejaardes en diere.
‘n Familie mark is Saterdag, by Cosy Corner aangebied ten bate van Sunny’s Pet Outreach Team (SPOT) en die bejaarde inwoners van die Tweedy Park Kompleks.
Die fooie van die stalletjies asook die winste van verskeie groepe is geskenk aan die twee begunstigdes, sowel as nie-bederfbare kos wat ingesamel is deur die dag.
“Ek is baie dankbaar teenoor die organiseerders wat dit goed gedink het om ons in te sluit, asook vir elkeen wat ‘n bydrae gemaak het teenoor SPOT en Tweedy Park. Elke bydrae word opreg waardeer,” sê Sanette Bosman van SPOT.
Francoitte van den Heever, mede-eienaar van ‘n nie-winsgewende maatskappy wat aan die bejaardes van die dorp kos voorsien, sê die idee met die insamel van nie-bederfbare kos is om voorraad op te bou waaruit die bejaardes gevoed kan word soos die nood opduik.
Enige persoon wat bydraes wil maak kan vir Francoitte kontak by 072 272 4869, of vir Kim van Zyl, die mede-eienaar van die maatskappy, by 073 266 2899 kontak.



