Local newsNews

Ouer reageer op klagtes oor veldmotorfietse naby Gert Bezuidenhoutstraat

’n Inwoner het gereageer op klagtes oor kinders wat met veldmotorfietse in die omgewing van Gert Bezuidenhoutstraat ry en sê sy kinders is altyd onder toesig.

Reinhardt Brits skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief wat in die Herald van 22 Mei gepubliseer is (“Illegal’ off-road bike activity plagues street”), asook aanlyn (“Weekend bike mayhem turns quiet street into ‘race track’”).

Dit is my kinders wat ry, en hulle ry net van ’n Vrydagmiddag ná skool tot voor 17:00, dan weer op Saterdag, en nie eens die hele dag nie, en minimaal op ’n Sondag.

Hulle het ook altyd hul valhelms aan wat behoorlik vasgemaak is.

Hulle is te alle tye onder ons toesig, waar ons toesien dat hulle nie onveilige dinge doen nie, maar hulself geniet soos kinders moet doen; eerder as om op straathoeke te sit en bedel vir dwelms.

Kommerwekkend is die feit dat daar ’n paar huise van ons af in Gert Bezuidenhoutstraat mense is wat al toue gespan het in ’n poging om ons kinders van die motorfietse af te ruk. Dit kan natuurlik tot ernstige beserings vir ons kinders lei.

Daar is ook by nog ’n huis in dieselfde straat iemand wat ons kinders al gedreig het om hulle aan te rand. Hoe verduidelik jy dit vir ’n kind wat homself geniet en net kind is?


ALSO READ: Brief: Stygende kostes en swak produkte maak die lewe moeilik


Dan wil ek praat oor die foto wat die persoon geneem het. Dit is onaanvaarbaar dat iemand sommer onwettig ’n foto van my kinders neem waar hul gesigte duidelik sigbaar is.

Ons kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir die ander kinders wat ook in die straat ry nie; hulle is nie ons kinders of ons verantwoordelikheid nie.

As daar minder zama zamas in die dorpe was, sou dit nie so ’n probleem gewees het vir ons kinders om op ander plekke te ry nie.

My kinders kan ook dieper in die veld ry, maar die probleem wat hulle tans verhoed, is die menslike ontlasting wat in die oop ruimtes gestort word.

Daar is egter ook ’n tweede probleem waaroor niemand praat nie.

Dit is Gert Bezuidenhoutstraat, waar turbo-karre “drag racing” doen en nie omgee om by stoptekens stil te hou nie en dink die pad behoort aan hulle.

Ons het al hoeveel keer petisies opgetrek vir spoedhobbels, maar dit realiseer nie.


ALSO READ: Letter: Weekend bike mayhem turns quiet street into ‘race track’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button