Katinka Grobler (vyf maande) is heeltemal te jonk om perd te ry, maar haar ouers het nietemin van die geleentheid gebruik gemaak om 'n oulike foto van haar op 'n perd se rug te neem. Perdryritte was een van die aktiwiteite wat by die mark aangebied is. Foto: Thelma Koorts
Inwoners het Saterdag ‘n gesellige mark by Cosy Corner ter ondersteuning van die East Rand Children’s Haven en die Brakpan DBV geniet.
Mckenzie Hobson (3) was een van die jonger besoekers aan die mark, wat haar nuwe speelding dadelik uitgetoets het. Foto: Thelma Koorts
Interessante stalletjies het gesorg dat daar iets was vir almal se smaak was. Lourinka Janse van Resnburg het die mark geniet. Foto: Thelma Koorts
Die bekende “slap fight”-kampioen Pieter Bulldog Vorster was ook teenwoordig om voorbrand te maak vir sy deelname aan 'n opkomende toernooi, wat op 20 Junie in Durban plaasvind. Hy is hier te sien by Marinda Bekker, wat ‘n stalletjie by die mark gehad het. Foto: Thelma Koorts
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.