Local news

Hylton Mocke oorlede

Hylton Mocke was vir jare lank ‘n inwoner van die dorp.

‘n Bekende in die eiendomsagentskap kringe van die dorp, Hylton Mocke (78), is op 28 Desember 2022 oorlede.

Mocke wat in Brakpan gebore is het ook sy laer- en hoërskoolloopbaan in die dorp voltooi.

Hy sal veral onthou word vir sy jarelange verbintenis aan die eiendomsmark, waar hy as ‘n kundige diep spore getrap het.

Gedurende sy loopbaan, wat oor tientalle jare gestrek het, het hy talle toekennings ontvang.

Mocke was ‘n gesinsman, wat altyd sy familie eerste gestel het.

Hy is in 1966 met Dalena Mocke getroud en hulle het drie kinders, Stephan Mocke (52), Marna du Toit Pitzer (50) en An-Mari de Jager (44).

Sy agt kleinkinders was ook ‘n groot bron van vreugde vir dié toegewyde oupa.

Mense in sy uitgebreide vriendekring sal hom onthou as ‘n ware vriend met ‘n rustige persoonlikheid.

Die begrafnisdiens het op 6 Januarie vanuit die Gereformeerde Kerk, Brakpan, plaasgevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button