Kabeldiewe loop hul rieme styf
Kabeldiefstal gedurende beurtkrag is 'n groot rede tot kommer.
Twee kabeldiewe is verlede Woensdagaand op heterdaad betrap deur danksy die patrollies wat buurtwaglede, veiligheidsmaatskappye en lede van die VF Plus uitvoer.
Die twee mans is in Minnebron vasgetrek en aan die Brakpan SAPD oorhandig.
Dié voorval volg nadat groot dele van Brakpan verlede Vrydagmiddag sonder krag gelaat is nadat kabeldiewe ʼn kragkabel in Lowerstraat in Minnebron beskadig het.
Kabeldiefstal gedurende beurtkrag is groot rede tot kommer.
Die Brakpan Herald het verlede week berig hieroor (Kabeldiefstal veroorsaak groot kopseer) en ook onder andere vir die Stad van Ekurhuleni gevra of daar enige voorsorgmaatreëls getref word om kabeldiefstal tydens beurtkrag hok te slaan.
Die stad het aangedui dat daar beplan word om vroeë waarskuwingstegnologie te implementeer om betroubare waarneming en taktiese reaksie te verseker.




