Minnebron egpaar vier huwelik van ses dekades
Reon en Dolla Geere vier vandag hul 60ste huweliksherdenking nadat hulle ses dekades van liefde, genade en saamwees gedeel het.
’n Egpaar van Minnebron, Reon (80) en Dolla (78) Geere, vier vandag (Woensdag, 19 Augustus) ’n besondere mylpaal wanneer hulle hul 60ste huweliksherdenking vier.
Die egpaar het destyds in Brakpan ontmoet en is 60 jaar gelede hul huwelik in die Brakpan Stadsaal gevier, waarna hulle hul wittebrood in Margate gaan geniet het.
Die Geeres woon reeds die afgelope 52 jaar in Minnebron, waar hulle saam hul lewe opgebou en hul kinders grootgemaak het.
Hulle het drie dogters, vyf kleinkinders en vyf agterkleinkinders. Volgens Reon en Dolla is dit deur al die jare God se genade en liefde wat hulle huwelik gedra het.
ALSO CHECK: SASSA outlines key requirements for disability grant applications
ALSO CHECK: Vacant Brakpan Red Cross Eventide Old Age Home targeted by thieves



