Local news

Just Wheels Bakkiedag beloof pret vir almal

Just Wheels se maandelikse opedag plaas dié keer bakkies in die kollig, met gratis toegang en vermaak vir die hele gesin.

Die Just Wheels Motorklub se maandelikse opedag wat Sondag (30 Augustus) plaasvind, plaas dié keer die kollig op bakkies.

Die klub se Bakkiedag vind by die klubhuis te Kitzingerlaan 169, Dalview plaas en die hekke sal om 09:00 open.

Die toegang is gratis, maar besoekers word aangemoedig om Sunny’s Pet Outreach te ondersteun deur honde- of katkos te skenk.

Dié dierewelsyn-NPO sal die skenkings aanwend om voort te gaan met die versorging en redding van diere wat in nood verkeer.

Persone wat belangstel om bloed te skenk kan aandoen by Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens se tent.

Besoekers kan verder uitsien na ’n uitstalling van ander voertuie, kosstalletjies, ‘n vlooimark asook vermaak vir kinders deur die loop van die dag.

Geen oop vure of alkohol sal op die terrein toegelaat word nie. ’n Gelisensieerde kroeg sal wel op die perseel beskikbaar wees.


ALSO CHECK: VIDEO: Brakpan remembers a ‘gentle giant’ of the justice system

ALSO CHECK: Vacant Brakpan Red Cross Eventide Old Age Home targeted by thieves

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button