Local news

Dalview motoriste skrik groot toe man groot klip na haar voertuig slinger

Die jong motoris sê dat sy glad nie die dreigende gevaar gesien het, voordat dit te laat was nie.

’n Jong motoris van Dalview het Saterdagoggend vroeg saam met haar vriend benoude oomblikke beleef toe ’n booswig ’n groot klip na hul voertuig geslinger het.

Die 20-jarige vrou, wat versoek het om anoniem te bly, het vertel dat sy en haar vriend (24) saam op pad was na hul werkplek in Germiston toe die voorval net voor die Boksburg-stadion in Jubileeweg plaasgevind het.

“Ons het by die spoedgrens gehou en ewe skielik het ’n man te voorskyn gekom wat ’n groot klip na my kar geslinger het,” het sy vertel.

“Ek het spoed verminder toe ek besef wat gebeur, maar eers nie heeltemal tot stilstand gekom nie. Die klip het onder deur my voertuig getrek en ’n groot geraas veroorsaak. Dit het daarna ’n voertuig wat agter ons was, getref.


LEES OOK: Brakpan police and CPF patrollers align to tackle crime hot spots


“Ons het albei stilgehou en besef dat die klip in twee gebreek het en dat een deel daarvan die persoon agter my se voertuig getref het.”

Volgens die jong vrou het haar voertuig, ’n Honda Jazz, gelukkig nie groot skade opgedoen nie, terwyl die ander persoon se voertuig wel links voor beskadig is.

“Dit bly nietemin ’n onaangename ondervinding. Die klip kon net sowel deur ons voorruit gebars het en moontlik een van ons getref het,” het sy gesê.

“Ons het glad nie die man vooraf gewaar nie en ná die voorval was daar ook geen teken van hom nie,” het sy bygevoeg.


LEES OOK: Brakpan police target unlicensed gambling outlets to curb crime and social harm

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button