Suret Ströh (42) is die organiseerder van die Lady Gracious en Sir SA Man of God kompetisies. Sy is getroud met Michael (43) en hulle het twee kinders, Jean (18) en Charlize (16).
- Wat het jou laat besluit om Lady Gracious en Sir SA Man of God kompetisies op die been te bring?
Sewe jaar gelede het ek vir myself die vraag gevra: Wie is Suret en wat is my doel hier op die aarde? Met dié vraag het ek besef dat almal op hierdie aarde is vir ‘n doel en ‘n rede.
Ons elkeen het ‘n droom. Met Lady Gracious SA en Sir SA Man of God kry ek die geleentheid om mense te bemoedig om hulle drome en doelwitte uit te leef.
- Noem een hoogtepunt wat jy die afgelope jaar beleef het?
My hoogtepunt die afgelope jaar was die bekendstelling van my joernaal, getiteld Embrace your Journey.
- Was daar ‘n laagtepunt?
Almal beleef een of ander tyd ‘n laagtepunt. Somige mense meer as ander, maar die verskil is hoe ons dit hanteer.
- Deur middel van Lady Gracious doen jy baie gemeenskapswerk. Is dit iets wat jou na aan die hart lê?
Ja, dit lê baie na aan my hart. Deur Lady Gracious SA en Sir SA Man of God gee die Here vir ons wonderlike geleenthede om ‘n verskil te maak. Daar is groot behoefte daar buite en dit maak my hart bly om die waardering te sien op die mense se gesigte. Dan word alles die moeite werd.
- As jy die land vir ‘n dag kan regeer, wat sal jy doen?
Wow, dis nou ‘n vraag! Ek sal graag dit ‘n dag van eer en bederf wil maak. Eer die mense wat ‘n verskil in jou lewe maak en bederf dan daardie persone met ‘n spesiale gebaar.
- Gee jy vir bedelaars geld?
Ja, ek gee vir bedelaars geld, soos die Here dit op my hart lê.
- Wat is jou gunsteling kos?
My gunstelling kos is enige lekker hoender gereg, ek eet gereeld hoenderslaai.



