BlogsEditor's noteOpinion

In die kollig

Leer Cassandra Cassey Angel ken.

Cassandra Angel (28), wat meer bekend staan as Cassey Angel, is ‘n veelsydige sangeres wat nog hoogtes gaan bereik. Sy het in die Noord-Kaap groot geword, maar bly die afgelope vyf jaar in Brakpan.

• Wanneer het jy met jou musiekloopbaan begin?

Ek het my musiekloopbaan in 1999 begin en daarna Johannesburg toe getrek om my droom te volg. Ek het aan plaaslike kompetisies deelgeneem en die meeste van hulle gewen.

Ek het ‘n suksesvolle toer langs die kus gehad en in teaters, Barnyards en by verskillende funksies opgetree.

• Watter kompetisies het jy aan deelgeneem wat vir jou uitgestaan het?

Ek is in 2014 gekroon as die wenner van die nasionale Klipdrift Voices.

Ek het ook deelgeneem aan SA’s Got Talent 2016, drie ja’s ontvang vanaf die beoordelaars en ‘n staande ovasie van die gehoor gekry. Ek het die top 20 behaal. Die oudisie-video is op my Facebook-blad (Cassey Angel).

Die video kan ook hier gekyk word:

• Skryf jy jou eie musiek?

Ek skryf al my liedjies self, soos Geskeurde gatsak, Lekker vry, Bly hier by my, Sê my Bokka, Ons is een, en vele meer.

• Met watter sangers het jy al die verhoog gedeel?

Ek het die voorreg gehad om ‘n verhoog te deel saam met sommige van ons land se beste sangers, soos: Steve Hofmeyr, Manie Jackson, Quinton Prinsloo, 1924, Beeskraal, Cordelia, Piet Pompies en vele meer.

Cassey Angel en Steve Hofmeyr.
Cassey Angel en Steve Hofmeyr.

• Waar sien jy jouself in 10 jaar?

Ek wil in 10 jaar die beste sangeres en liedjieskrywer wees.

• Wat doen jy wanneer jy nie musiek doen nie?

Ek koördineer troues, begrafnisse, partytjies of ‘pleinweg’ slaap.

• Watter tale kan jy praat?

Ek praat en sing in nege tale. Afrikaans, Setswana, Isizulu, Isixhosa, Sepedi, Sesotho, Engels, Tsonga en Venda. My huistaal is Afrikaans. Ek is Afrikaans gebore en groot gemaak. Die ander tale het ek maar deur die jare geleer.

• Saam met watter Afrikaanse sanger sal jy graag ‘n duet mee wil doen, en hoekom?

Theuns Jordaan, want sy liedjies is vir die hart en siel.

• Kan jy enige instrumente speel?

Ek kan klawerbord speel, maar nie professioneel nie.

• Watter genre musiek is jou gunsteling om in op te tree?

Ek doen enigiets van die ’50s tot nou – rock ‘n roll, rock, Afrikaans, ballades, pop, country, blues, gospel, reggae, en meer. Afrikaanse ballades is my gunsteling.

• Gunsteling nasionale en internasionale sanger.

Theuns Jordaan en Celine Dion.

• Wat is jou stokperdjies?

Liedjies skryf, sing, en slaap, Ek hou nie van inkopies doen nie.

• Iets wat mense nie van jou weet nie.

Ek is eintlik skaam en teruggetrokke.

• Iets wat jy graag wil byvoeg.

Drome is ‘n wens wat jou hart maak, volg dit!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button