BlogsOpinion

In die kollig

Leer ken Chardoné Smit.

Chardoné Smit (13) is vanjaar die hoofdogter van die Laerskool Môrewag. Haar ouers is Maartin Smit en Angelique Pitzer en sy het ‘n suster, Xiaomei (10).

· Jy is vanjaar die hoofdogter van die Laerskool Môrewag. Wat beteken dit vir jou?

Ek voel geëerd om die hoofdogter van die Laerskool Môrewag te wees. Dit is een van my grootste drome wat waar geword het. Dit was vir my ‘n groot skok toe ek aangekondig was as hoofdogter.

· Wat is jou pligte as hoofdogter van die skool?

Om altyd my skool se naam hoog te hou, ten alle tye my skoolreëls na te kom en om die onderwysers in die skool te help om dissipline toe te pas. Ook om hulp te verleen aan al my mede-leiers. Dit verseker dat Môrewag altyd ‘n gedissiplineerde en ‘n gerespekteerde skool sal bly.

· Beoefen jy sport by die skool?

Ek speel netbal en hokkie, maar netbal bly my gunsteling sport. Ek het al vir ses jaar in ‘n ry die doel posisie gespeel en hoop ek kan hierdie jaar dit sewe maak.

· Hoe hanteer jy uitdagings en teleurstellings?

As dit by uitdagings kom, pak ek die bul by die horings aan. Ek hou van uitdagings, want jy bewys net jouself tot hoe ver jy jouself kan druk. Wanneer dit by teleurstellings kom, glo ek dat ‘n mens nie altyd kan wen nie en om aan te hou probeer is die beste geweer.

· Dink jy daar is hoop vir die jongmense van hierdie land?

Ja, as ons almal saamstaan en saam hard werk, maar dan moet ons skole en universiteite ook beskerm word. Ek glo ook daar is meer skole nodig in minderbevoorregte gebiede.

· Wat is jou stokperdjies?

Kultuur en ek luister graag musiek.

· Wat is jou gunsteling kos?

Sushi en my ma se kookkos.

· Het jy al besluit watter beroep jy eendag wil volg?

Ek wil graag ‘n astronoom word.

· Waar is jou gunsteling vakansiebestemming en hoekom?

My gunsteling vakansiebestemming is Mpumalanga. Veral die Krugerwildtuin, want ek is verskriklik lief vir diere en om hulle te bestudeer.

· Beskryf jouself in drie woorde.

Eerlik, betroubaar en behulpsaam.

· Wie is jou rolmodel en hoekom?

My pa. Hy leer my om altyd sterk te staan en hard te werk. Hy leer my ook om my eie persoon te wees.

· Is daar iets wat mense nie van jou weet nie?

Ek is bang vir donker, ek praat baie in my slaap en ek sing kliphard elke aand in die stort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button