Die Springbok-afrigter Allister Coetzee het verlede week die trekpas gekry. Stem jy saam met die besluit en wie sou jy wou sien as die volgende afrigter vir die Bokke?
Charl Botha: “Ja hy moes al lankel gegaan het, want hy gebruik die verkeerde spelers terwyl daar ander spelers is met baie potensiaal, wat meeste van die wedstryde kon verbeter het. Rassie Erasmus moet oorvat.”
Jeandré Botha: “Ja ek stem saam, hy vat spelers saam na wedstryde toe wat nie eers een keer kans gekry het om te speel nie. Ek glo Rassie Erasmus sal ’n verskil kan maak om die Springbokke weer te verbeter.”Pierre Fourie: “Ja ek stem saam, hy kan ongelukkig nie eers ‘n laerskool help nie, ons het selfs teen Italië verloor. Hy het die Springbokke niks gehelp nie. Rassie Erasmus moet die volgende afrigter word.”Alister Fourie: “Ja ek stem saam, hy het die bokke nie reg afgerig nie en sy spankeuse was nie altyd van die beste nie. Ek dink Naas Botha of Rassie Erasmus moet die volgende afrigter word van die Springbok-span.”Chané Fourie: “Ja ek stem saam, hy het ’n groot knou in ons Springbok-span veroorsaak en sy keuse van spelers was nie altyd op standaard nie. Rassie Erasmus moet beslis die volgende afrigter wees.”