LettersOpinion

Drastiese stappe is nodig

Douw Diedericks, Brakpan-sentraal, skryf:

Ek voel dat dit tyd is vir die inwoners van Brakpan, wat elke dag by die Weltevreden plakkerskamp verby ry, om drastiese stappe te neem.

My voorstel is dat ‘n petisie opgetrek word en dat daar ‘n rekening gestig word, waarin ons maandelikse diensgeld betaal kan word.

Sodoende kan ons die owerhede dwing om na ons te luister. Wanneer die plek skoongemaak word kan ons weer begin betaal.

Die feit dat die munisipalitiet nie plek het om die mense te skuif nie is hulle probleem. Waar die plakkers nou is, is ook nie wettig nie. Ons dorp, Brakpan, lyk soos ‘n varkhok.

Dit is nou tyd om die munisipaliteit te dwing om na Brakpan se belastingbetalers te luister en sodoende die dorp weer leefbaar en skoon te maak en skoon te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button