Editor's choiceLettersOpinion

Pa probeer tevergeefs seun se enigste bal terug kry

Ongelukkige ma skryf per e-pos: Mense besef nie hoe vieslik hulle dade is nie.

My man en seun (10) was Sondag (9 Augustus) besig om, in ons erf, krieket te oefen aangesien my seun span gekry het vir sy skool.

My man het gekolf aangesien my seun gekies is as ‘n bouler. Hy het per ongeluk die bal oor die muur geslaan waarna dit in die pad gerol het.

My man het by die hek uitgegaan om die bal op te tel. ‘n Wit 1400 Nissan bakkie, waarin daar ‘n man en ‘n seun was, het verby gery.

Hulle het die bal gesien en in die ry probeer om die bal op te tel. Die seun het in die momentum die bal verder voorentoe laat rol.

My man het vir hulle geskree dat dit sy bal is maar hulle het nie omgegee nie. Hulle het die bal toe opgetel en weg gejaag.

My man het agter hulle aan gehardloop, met die hoop dat hy die bal kon terug kry. Maar hulle het doodeenvoudig verder gery en nie omgegee nie.

Ek wil net vir die persoon sê dat ek hoop dit het hom bly gemaak toe hy my seun se enigste bal gesteel het.

Ek het nie geld om vir hom ‘n ander bal te koop nie. Nou moet hy maar met ‘n stukkende tennisbal probeer oefen.

Dit gaan my verstand te bowe dat ‘n mens so laag kan daal om ‘n kind se bal te steel as jy sien die kind en die pa oppad was om die bal te gaan optel.

Lees ook: Asblik in oprit kan ongeluk veroorsaak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button