
Ons het onsself weer reggemaak vir ’n vreeslike dag, maar alles was baie rustig. Die mense het hard gewerk op ’n dag wat hulle eintlik saam met hulle gesinne moes wees. Ons het groot waardering daarvoor.
Ek was nog nooit gekant teen mense wat hulself geniet nie, maar wanneer mense drank misbruik, oorverdowende musiek speel, en in die openbaar urineer en selfs erger dinge doen is dit nie meer snaaks nie.
Die Jan Smuts Dam kan ’n wonderlike plek wees as daar net goeie toegangsbeheer en toilet geriewe kan wees.
Laat almal betaal om in te gaan sodat instandhouding gedoen kan word.
Op die oomblik lyk dit maar nie te goed nie, maar my brief is nie om te kla nie, eerder om die verkeer en die polisie te bedank vir hul goeie werk.
Lees ook:
Metro praised for prompt cleaning of street



