Chaos heers in die middag voor die skool
Elsabe skryf per e-pos: Die verkeer chaos wat elke middag by ’n bekende hoërskool van die dorp heers gaan my verstand te bowe.

Ek het in my lewe nog nooit so ’n klomp ongeskikte padverbruikers gesien nie.
Daar is geen teken van enige agting vir padreëls nie. Daar word dubbel geparkeer en sommer binne ’n enkele treë of twee vanaf die kruising.
Onlangs was daar selfs ’n vrou wat reg op die stop geparkeer het, terwyl ’n ander vrou aan die oorkant gestaan het.
Die ergste was toe ’n oom, van ’n bekende bestuurskool, hom sommer net daar op die hoek van die kruising staan gemaak het.
Verlede week het iemand sowaar, ten spyte van dubbel geparkeerde motors en druk verkeer, probeer om ’n u-draai te maak.
Kinders drentel al geselsende in die straat in die pad van die verkeer.
Iemand gaan nog lelik seer kry as iets nie gedoen word om dissipline daar toe te pas nie.
Lees ook:
You need to produce proof of residence when renewing your car licence
Worship services cause a rumpus



