Editor's noteLettersOpinion

Arrogante tiener terg honde

Tiener wat honde terg kan volgende keer dalk nie so gelukkig wees nie.

Inwoner, Brenthurst skryf:

Met verwysing na die brief in die Herald van 1 Junie – Kinders moet nie honde terg nie.

Ek is bly dat die Herald die brief gepubliseer het want ek glo dit gebeur oral.

Wel ten minste met my ook. Ons woon in Prince Georgelaan en baie kinders, maar ook volwassenes, loop daagliks verby ons huis.

Vir ons eie beskerming het ons twee groot honde en kleiner een wat voor en agter in die erf kan beweeg.

Ek het so rukkie gelede gesien hoe ’n tienerseun een van die groter honde met ’n tak deur die palisade-heining terg.

Toe ek uitgaan en die seun daaroor aanspreek het hy gelag en gesê: “ek moet nie vir hom sê wat om te doen nie”.

Behalwe sy arrogante houding soek hy vir moeilikheid. My honde kan nie uitkom nie maar by ’n volgende huis gaan hy dalk nie so gelukkig wees nie. Hierdie was nie ’n uitsonderlike voorval nie. Dit gebeur baie gereeld dat my honde geterg word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button