Editor's noteLettersOpinion

Groep wat grafte herstel verdien elk ‘n medalje

Flikse inwoners kry erkenning vir hul harde werk van die herstelling by die begraafplaas.

Reinette Viljoen skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig in die Herald van  7 September (Inwoners neem aksie).

Ek haal my hoed af vir elke persoon wat gehelp het om grafte in die begraafplaas te gaan reg maak het.

My ouers is ook daar begrawe maar gelukkig is hulle grafte nie beskadig nie. Dit sou wel vir my baie hartseer beteken het, indien dit wel so was.

Dit was met groot waardering dat ek die berig gelees het. Dit het my ook net weer laat besef dat ons in hierdie land van ons sal moet begin saamstaan anders gaan ons niks vermag nie.

Ek salueer daardie mense wat gaan help het, julle elkeen verdien ‘n medalje.

Ongelukkig kan ek, weens ‘n gesondheidsprobleem, nie by so iets inval en help nie maar net solank daardie mense weet dat hulle goeie daad nie ongesiens verby gegaan het nie.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button