Editor's noteLettersOpinion

Onduidelike padtekens moet ook skuld kry

Die grootste hoeveelheid motoriste volg net nie meer die padreëls nie.

Erna Bruwer skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig in die Herald van 19 Oktober (Ongelukke op dié hoek is nie meer snaaks nie).

Ek het groot simpatie met die vrou wat finansiële skade gelei het en ook met die mense wat beseer is.

Die probleem is volgens my veel groter.

Ek sien elke liewe dag hoe mense bloot oor rooi verkeersligte jaag en nie by stoptekens stilhou nie.

My kind, wat ses jaar oud is, weet van beter.

Die ander probleem is dat die verftekens wat stopstrate en verkeersligte moet aandui op meeste plekke in die dorp (en land) onsigbaar is weens die feit dat dit nie gereeld opgeknap word nie.

Suid-Afrika is sekerlik een van die lande met die mees onverskillige en roekelose bestuurders wat ek nog ooit beleef het. En ek het al baie ander lande besoek.

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button