Ansie Cromhout skryf per e-pos:
My ma woon in die Tweedy Park Kompleks in een van die woonstelle daar. Ek gaan kuier twee keer ’n week vir haar en het met tyd gesien hoe die sypaadjie om die plek al hoe slegter lyk.
Baie van die ou mensies loop daar as hulle winkels of dorp se kant toe moet gaan en dit was nie meer veilig vir hulle nie.
Ek was baie bly om verlede Saterdag te sien dat iemand uiteindelik besluit het om skoon te maak.
Ek het eers na die tyd gehoor dat dit mense van AfriForum Brakpan was wat die harde werk gedoen het.
Die brief is deur my geskryf, maar ek glo daar is baie mense wat baie dankbaar is.
Dankie dat julle hard gewerk het en tyd geneem het om die plek waar ou mense bly beter te laat lyk.
Ek is ook bly dat daar nou weer sekuriteit by die hek is.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



