Editor's choiceLettersOpinion

Te min belangstelling in dorp se 100ste bestaansjaar

"Ek het wel groot dankbaarheid in my hart vir AfriForum Brakpan."

Annatjie van der Walt, Dalview skryf:

Met verwysing na die berig op die voorblad van 4 Oktober (Gedenkwoud vir die nageslag).

Ek en my man het die berig met groot belangstelling gelees en indien ons nie met vakansie was nie, sou ons die geleentheid baie beslis bygewoon het.

Ons woon al vir 51 jaar in die dorp en het uitgesien na ’n jaar vol gebeurtenisse om die dorp se 100ste verjaarsdag te vier.

Maar dit lyk vir my of dit nie gaan gebeur nie en dit is jammer. Dit is nie elke dag dat ’n dorp 100 oud word nie.

Ek het wel groot dankbaarheid in my hart vir AfriForum Brakpan.

Hulle het gesorg dat daar vir altyd (hopelik) 100 bome gaan staan.

Behalwe dat dié organisasie ’n poging aangewend het om die dorp se verjaarsdag te vier, het hulle ook iets gedoen om ons omgewing te bewaar.

Waar is al die ander organisasies en besighede wat tjoep stil is oor die merkwaardige gebeurtenis in ons dorp?

Ek is trots op AfriForum Brakpan. Dankie ook aan die Brakpan Herald wat ons op hoogte hou.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button