Duiweklub se nuutste uitslae – week 7
Die Brakpan Duiweklub het hierdie naweek (week sewe) van Trompsburg af gevlieg, so 490km, en die wind het die duiwe nogal gehelp en teen hoë spoed huis toe gebring.

Die jong duif wedvlug loslating om 7.45vm is deur Piet Gerber gewen.
Hy het sy duif in ‘n tyd van 12.31.19 geklok, teen ‘n spoed van 1 712.595mpm.
In tweede plek was Piet Fourie, met ‘n tyd van 12.31.14 en ‘n spoed van 1 710.634mpm.
In derde plek was Botha en Kleindogters, wat ‘n tyd van 12.33.01 geklok het, met ‘n spoed van 1 704.130mpm.
Die ope wedvlug, wat om 8.30vm losgelaat is, is deur Xalbador Lofts met “Garments of Praise” gewen.
“Garments of Praise” is nou ‘n twee malige wenner en hy klok ‘n tyd van 13.10.49, met n spoed van 1 731.505mpm.
In tweede en derde plek was Hennie du Plooy, met tye van 12.11.23 en 12.11.45, snelhede van 1 723.512mpm en 1 721.280mpm.



