School sportSport

Laerskole speel goeie krieket

Laerskool Die Arend het vanjaar, vir die sesde agtereenvolgende jaar, ‘n suksesvolle Super-16 krieketttoernooi aangebied.

Tydens die toernooi wedywer 16 o-13 krieketspanne van laerskole regoor die Oos-Rand teen mekaar om die gesogte wisseltrofee, asook prysgeld.

Die toernooi bestaan uit twee afdelings, naamlik die bekerafdeling, wat deur Rynfield Primary gewen is, en die plaatafdeling, waar Laerskool Concorida koning gekraai het.

“Die toernooi word aangebied danksy die hoofborg KFC, wat krieketontwikkeling ondersteun,” het die organiseerder, Hoffie Wagenaar, gesê.

Tydens die week word 22 wedstryde gespeel, wat oor 12 boulbeurte per span beslis word. Die bouler mag ‘n maksimum van twee boulbeurte afstuur.

“Hierdie is ‘n werklike `Pro 20’ toernooi vir laerskole, en skole beskou dit as voortreflike voorbereiding vir die ligawedstryde wat voorlê,” het Wagenaar gesê.

“Die 192 krieketspelers wat deelgeneem het, het weereens hul krieket talente ten toongestel en hierdeur bewys dat laerskole puik krieketspelers ontwikkel.”

Die deelnemende skole was: Brakpan-Oos, Farrarmere, Tom Newby, PAM Brink, Die President, Delville, Die Arend, Dalview, Concordia, AG Visser, Christiaan Beyers, Baanbreker, Elspark, Selection Park, Rynfield Primary en Laerskool Rynfield.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button