Local sportSport

Brakpan spog met stoeikampioene

Vyf van Brakpan Stoeiklub se stoeiers het van 1 tot 3 Mei aan die Suid-Afrikaanse Presidente Grieks Romeins, Vrystyl en Meesters Kampioenskappe deelgeneem, te Wynberg Militere Basis, in Kaapstad.

Die stoeiers het met groot welslae teruggekeer en ‘n total van sewe medaljes verower.

Daar was vir die eerste keer in Suid-Afrika gekompeteer in ‘n nuwe afdeling tydens die kampioenskappe, naamlik die Presidente Grieks Romeinse Afdeling (seuns stoeiers tussen 12 en 20 jaar oud, wat teen mekaar meeding per gewigsafdeling).

Op 2 Mei is twee Brakpan stoeiers as Suid-Afrikaanse Kampioene in hierdie nuwe afdeling aangewys, naamlik Fernando Booysen in die o-30kg-afdeling en Martin Erasmus in die 85-97kg-afdeling.

Op 3 Mei het Brakpan ‘n verdere vyf medaljes verower, tydens die Presidente Vrystyl-afdeling (seuns stoeiers tussen die ouderdom van 12 en 20 jaar oud wat teen mekaar meeding per gewigsafdeling), asook die meesters afdeling (stoeiers ouer as 35 jaar oud)

Drie stoeiers is in hierdie afdelings as Suid-Afrikaanse kampioene gekroon, naamlik Booysen in die Presidente Vrystyl-afdeling o-30kg, Martin Erasmus in die Presidente Vrystyl-afdeling 85-97kg, en Rassie Erasmus in die Kategorie A Meesters Vrystyl-afdeling 76-85kg.

Johan Voigt het met ‘n tweede plek in die Kategorie C Meesters Vrystyl-afdeling 85-97kg weggestap, en Casey van Baalen met ‘n derde plek in die Presidente Vrystyl-afdeling 36-39kg.

Dit was ‘n uiters suksesvolle naweek vir die klub, deurdat twee stoeiers, asook die hoof afrigter (Rassie Erasmus), as dubbele Suid-Afrikaanse kampioene gekroon is, terwyl die klub se voorsitter (Johan Voigt) ‘n tweede plek behaal het.

Die klub is baie trots op hierdie stoeiers en nooi alle belangstellende en voornemende stoeiers om by die suksesvolle klub aan te sluit.

Vir verdere besonderhede kan die klub se sekretaris, Gussie Bartlett, by 082 337 2944 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button