Alles is reg vir ’n reuse fees
Die Pannefees is uiteindelik hier en inwoners kan hulle regmaak vir ’n heerlike naweekfees wat vandag afskop en more steeds die litte gaan laat roer.
Die hekke open vanmiddag en later kan feesgangers uitsien na ’n vertoning deur VolHart oftewel Danie van der Westhuizen en Benice Borman.
Professionele rofstoeiers sal ook in aksie wees en deur die loop van die aand sal ’n boereorkes met ander sangers sorg vir lekker musiek.
Saterdagoggend is daar ’n straatoptog met veteraanmotors en feesgangers kan ’n propvol program verwag met optredes deur kleuterskole asook die Hoërskool Stoffberg se pom-pom meisies.
’n Hondevertoning, narre en vele ander aktiwiteite sal die kinders vermaak.
Inskrywings vir Mej. Carnival Toyota, wat Saterdag aangewys word, is steeds oop.
Kaartjies is beskikbaar by die hek, maar kan ook vooraf by Carnival Toyota (011 306 8800) en die NG Moedergemeente se Nico Grobbelaar (082 448 4299) gekoop word.
Lees ook:
Steve Hofmeyr kom Pannefees toe
Pannefees to entertain young and old
Time is running out to enter Miss Carnival Toyota



