EntertainmentLifestyle

Daar is goeie nuus vir aanhangers van Nádine

Die gewilde sangeres Nádine vier op Vrydag, 1 April, haar 20 jaar in die musiekbedryf by Carnival City se Big Top Arena. Hierdie vertoning beloof om die grootste viering van haar loopbaan tot dusver te wees en sal haar grootste treffers asook ’n paar verrassings insluit. Die produksie sal verder verryk word deur die Brussels …

Die gewilde sangeres Nádine vier op Vrydag, 1 April, haar 20 jaar in die musiekbedryf by Carnival City se Big Top Arena. Hierdie vertoning beloof om die grootste viering van haar loopbaan tot dusver te wees en sal haar grootste treffers asook ’n paar verrassings insluit.

Die produksie sal verder verryk word deur die Brussels CBS Orchestra, ’n orkes met meer as 50 musikante, wat Nádine sal begelei deur die merkwaardigste hoogtepunte van haar loopbaan.

Verskeie vriende in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, spesiale gaskunstenaars, asook ’n spesiale internasionale gas sal deel vorm van hierdie twee unieke vertonings.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button