EntertainmentLifestyle

Het jy geweet?

Vandag is Pannekoekdag.

Hier is ‘n maklike pannekoek resep, verkry vanaf Bak & Brou, wat 12 tot 15 pannekoeke kan maak:

Bestanddele:

  • Twee koppies (500ml) koekmeelblom;
  • Twee eiers;
  • Halwe teelepel (2.5ml) sout;
  • Een teelepel (5ml) bakboeier;
  • Halwe koppie (125ml) kookolie;
  • Een eetlepel (15ml) asyn;
  • Een koppie (250ml) melk;
  • Twee koppies (500ml) water;
  • Bietjie olie vir bak;
  • Kaneelsuiker om na die tyd oor te strooi.

Metode:

  • Gooi al die bestanddele in een bak;
  • Meng baie goed vir om en by 10 minute (verkieslik met ‘n klitser);
  • Sit bietjie olie in pan en verhit;
  • Gooi van die gemengde bestanddele totdat die pan bedek is met ‘n dun laag;
  • Pannekoek is reg wanneer dit ligbruin is aan albei kante.
  • Strooi die kaneelsuiker oor die pannekoek.

Lees ook: 

Span bak 1500 pannekoeke

This is the only way you should be making pancakes

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button