Editor's noteLettersOpinion

Motoris stamp kind, ry net weg

Inwoner, Brenthurst, skryf: Die kind het deur die lug getrek en in die pad te lande gekom.

Inwoner, Brenthurst, skryf:

Ek was Sondagmiddag geskok om te sien hoe ‘n onverskillige motoris ‘n kind raak ry en daarna bloot weg ry asof niks gebeur het nie.

Die voorval het ongeveer 4.20nm in Voortrekkerweg, reg voor Benn’s Apteek, plaasgevind.

Ek het in my voertuig, voor die apteek gesit, en gesien hoe ‘n pa en ‘n kind (die seun was ongeveer agt jaar) die pad oorsteek.

Die pa het die kind se hand vasgehou. Die volgende oomblik het ‘n maroon kleurige voertuig verby gery en die kind gestamp.

Lees: Skokvideo waar kind omgery word, sorg vir hartseer en geluk

Die kind het deur die lug getrek en in die pad te lande gekom. Ek het die registrasienommer van die kleinerige voertuig probeer sien, maar kon ongelukkig nie daarin slaag nie.

Die pa het die kind na die sypaadjie gehelp en gelukkig het dit voorgekom of die kind nie beseer is nie.

Dit gaan my verstand te bowe dat iemand ‘n kind kan raak ry en bloot weg ry asof niks gebeur het nie.

Ongelukke gebeur wel maar ‘n mens moet tog verantwoordelikheid vir jou dade neem. Daardie kind kon baie seer gekry het.

Lees ook: 

Child (4) dies after being hit by unroadworthy vehicle

Beseerde seun (12) hardloop 3km vêr om hulp te kry na ongeluk

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button