EntertainmentLifestyle

Jy kan ‘n kar wen by dié gratis musiekfees

Die platinum-ster, Refentse sal ook te sien wees en daar kan ook uitgesien word na optredes van die meisie-band, SAARKIE, Lance James en DJ Ossewa.

Meat World by die Springs Mark, die K90 Sentrum in Boksburg en by die Meadowdale Value Centre in Edenvale hou môre (Saterdag) heerlike musiekfeeste by die drie verskillende takke.

Daar word ook vlooimarkte gehou en persone wat belangstel om ’n stalletjie te bespreek kan vir Lefra by 011 815 3000 of 083 254 7293 skakel.

By die Springs Meat World, wat by die Springs Mark geleë is, gaan die welbekende aktrise, Lizz Meiring as die seremoniemeester optree.

Die platinum-ster, Refentse sal ook te sien wees en daar kan ook uitgesien word na optredes van die meisie-band, SAARKIE, Lance James en DJ Ossewa.

Die besturende direkteur van die Meat World Groep van Maatskappye, Angelino Pereira, het gesê dat die Meat World musiekfeeste al vir die afgelope 25 jaar aangebied word.

“Hierdie is vir ons ’n lekker manier om vir ons kliënte dankie te sê vir die wonderlike ondersteuning. Ons gee ook 14 motors op die dag weg en dit is vir Meat World baie lekker om 14 van ons kliënte op hierdie manier te bederf,” het Pereira gesê.

Die musiekfeeste is gratis.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button