CompetitionsEditor's noteLifestyle
En die wenners is …
Die foto van Monique (40) en Coenie (43) Spamers, waar ’n spontane oomblik tussen hulle vasgevang is, is uit vele inskrywings gekies as die wenfoto van die Herald se Valentynsdag fotokompetisie.
Die egpaar woon in Dalview. Hulle wen ’n heerlike vyfgang maaltyd wat hulle by die Lake Restaurant kan gaan nuttig.
By die Ces’t la Vie Day Spa & Coffee Corner in Dalpark sal hulle bederf word met ’n pakket wat sjampanje, koek, ’n geskenk asook ’n massering insluit. Bella’s Biltong in Dalview sorg vir ’n verdere bederf met ‘n geskenkpak.
Lees ook: Kyk na foto’s vir ons Valentynsdag kompetisie
Follow us:



