NewsSchools

Die Anker se atlete spring weg met ‘n vale

Hoërskool Die Anker het gedurende die laaste week van Januarie aan die eerste vriendskaplike atletiekbyeenkoms van die jaar deelgeneem.

Altesaam het 164 atlete van Die Anker deelgeneem aan die byeenkoms wat gesamentlik deur Springs Boys’ High en Springs Girls’ High aangebied is by op die Germiston Stadion.

Die Anker het goed presteer en het die byeenkoms gemaklik gewen.

Dit was veral in die velditems waar die atlete behoorlik die punte opgestapel het.

Lees ook: Ankers skop die atletiekseisoen af

Die finale puntestand was soos volg:

• Die Anker: 656 punte (188 medaljes)

• Springs Boys’/Girls’ High: 526,5 punte (153 medaljes).

• Boksburg High School: 220.5 punte (59 medaljes).

Anker atlete wat goed tydens die byeenkoms presteer het, was:

• Beste junior seunsatleet: Nantes Joubert (skyfwerp 0-14 met ’n afstand van 38.25m).

• Beste junior dogtersatleet: Laché Diedericks (hoogspring 0-15 met ’n hoogte van 1.40m).

• Beste senior seunsatleet: Tjaart Scheepers (gewigstoot 0-16 met ’n afstand van 13.89m).

• Beste senior dogtersatleet: Kiara Partington (gewigstoot 0-16 met ’n afstand van 10.58m).

Follow us:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button