Editor's note

Netjiese begraafplaas en werkers beïndruk

Ons was egter ook ingenome vir ‘n ander rede.

Inwoner skryf per e-pos:

Ek en my vrou het verlede Saterdagmiddag ons seun se graf, in die Brakpan begraafplaas gaan besoek.

Ons was heeltemal verras om te sien hoe netjies die begraafplaas is.

‘n Groot dankie aan Ekurhuleni Metro, wat dit so netjies hou.

Ons was egter ook ingenome vir ‘n ander rede.

Maandagoggend lui ons hek se klokkie en daar staan toe twee vroulike werknemers van die Metro.

Hulle het vir my gevra of ek mnr Fourie is en of ek die begraafplaas gedurende die naweek besoek het. Ek het dit bevestig.

Hulle oorhandig toe my bestuurderslisensie en my brandstof kaart, wat ek tydens ons besoek verloor het, aan my.

Ek het nie eens agter gekom dat ek die kaarte verloor het nie. Dit was in my selfoon se sakkie en dit moes uitgeval het toe ons na die graf gestap het. Ek het die selfoon in my hand gedra.

Dit is goed om te weet dat daar nog eerlike mense in ons gemeenskap is.

Lees ook:

AfriForum se visier steeds op die begraafplaas

Dis nie lekker om ouers se grafte af te skeep nie

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button